Skip to main content

Independently Published

Vlug 237

No reviews yet
Product Code: 9798683635084
ISBN13: 9798683635084
Condition: New
$19.24

Vlug 237

$19.24
 
Op 28 November1987, stort die Helderberg, Suid-Afrikaanse Lugdiens vlug 295, met 159 mense aan boord in die see naby Mauritius. Daar was geen oorlewendes nie. Dit was ʼn onstuimige jaar. Suid-Afrika gaan gebuk onder buitelandse boikotte. Verskeie klandestiene organisasies werk onverpoos om di? boikotte te omseil. ʼn Reisjoernalis van Pretoria verdwyn vanaf haar toerbus in die onherbergsame woestyn van Tsjaad tussen N'Djamena en Khartoem. ʼn Franse diplomaat word dood aangetref deur ʼn Britse TV span by die Makgadikgadi-panne in Botswana. ʼn Stil, onbekende man wat voorgee dat hy ʼn vryskut skrywer is, smelt weg tussen ʼn groep internasionale verslaggewers by die befaamde American Colony hotel in Oos-Jerusalem. Ter selfde tyd is daar toenemende onluste en gerugte van 'n opstand onder die Palestyne. Waaraan werk hy agter geslote hekke by Ben Gurion lughawe? ʼn Afgetrede Mossad agent in die ou hawestad van Jaffa ontvang ʼn boodskap: "Die walvis het Donderdag vir Jonah ingesluk."ʼn Vreemde vliegtuig land in die vroe? oggendure by Waterkloof. Wie stuur ʼn verjaardagkaartjie met slegs ʼn verlepte pienk roosblaar as boodskap? Waarom is die Franse diplomaat se beeldskone weduwee toevallig daardie middag in Sandton City? Hoe is die gebeure gekoppel of enigsins aan mekaar verwant? Wat is die werklikheid en wat is slegs onbevestigde gerugte?


Author: Kobus de Villiers
Publisher: Independently Published
Publication Date: 44081
Number of Pages: 322 pages
Binding: Fiction
ISBN-10:
ISBN-13: 9798683635084
 

Customer Reviews

This product hasn't received any reviews yet. Be the first to review this product!

Faster Shipping

Delivery in 3-8 days

Easy Returns

14 days returns

Discount upto 30%

Monthly discount on books

Outstanding Customer Service

Support 24 hours a day