Independently Published
Weeskind Liefde
Product Code:
9798722190109
ISBN13:
9798722190109
Condition:
New
$13.20
Angel Niemand se jong lewe neem 'n drastiese wending wanneer sy na haar ouers se dood by haar tannie in Upington moet gaan bly. Met haar eerste dag by die nuwe skool, neem Tertius Schoeman haar onder sy vlerk. Sy word ingetrek by Tertius, of te wel Kanaal Aap, se geslote vriendekring. Angel beleef die lief en leed saam die groep vriende en smee hegte vriendskappe. Maar Angel het geheim wat sy nie eens met Kanaal Aap kan deel nie, al is hy die liefde van haar lewe.Angel werk baie hard om uit te styg bo die haglike omstandighede waarin sy gedompel is na haar ouers se dood. Sy slaag haar matriek met sewe onderskeidings en skud die dorp se rooi stof van haar voete af om haar te bekwaam in die Skone Kunste, sodat sy haar passie kan uitleef. Al het Tertius se liefde vir haar gekwyn, hoop sy tog om hom weer raak te loop in Stellenbosch waar hy ook studeer. Groot is haar ontnugtering toe sy hom een middag in die arms van 'n blondine sien. 'n Prokureursbrief en 'n mislukte huwelik sorg later vir groot veranderinge in Angel se lewe. Maar die haan onder die henne, soos wat Tertius op Stellenbosch bekend gestaan het, veroorsaak ook oneindige drama en hartseer. Hy loop Angel na baie jare weer raak op Hartenbos se strand. 'n Hartaanval verongeluk byna sy enige kans op ware liefde. Gaan hy 'n tweede kans gegun word om uiteindelik die vraag te vra?Watter skoolvriende kom weer by mekaar uit, en kan die groep vriende weer aanklank vind met mekaar na soveel jare?
Author: Mari Hunlun |
Publisher: Independently Published |
Publication Date: Mar 15, 2021 |
Number of Pages: 128 pages |
Binding: Paperback or Softback |
ISBN-10: NA |
ISBN-13: 9798722190109 |