
Independently Published
As blare val en bloei
Product Code:
9798859752874
ISBN13:
9798859752874
Condition:
New
$13.20

As blare val en bloei
$13.20
"As blare val en bloei ..." is die digter se debuut-bundel wat bestaan uit twee dele, nl: "die natuur" en "die mens". Alhoewel die verse afsonderlik ingedeel is, is daar egter 'n sentrale goue draad verweef wat deurgaans vloei deur die bundel. Eg emosionele versugtinge, soeke na aanvaarding as gevolg van liggaamlike gebrek, heimwee asook nostalgiese herinneringe kry weerklank in verse oor die natuur se skoonheid, maar ook in die wisselwerking tussen mens en natuur. Sterk beelde lei tot 'n dieper insig en word as 'n eenheid aangebied. Die titel dui nie net daarop dat die natuur onderworpe is aan seisoene en verganklikheid nie, maar dat die mens aan dieselfde beginsels onderwerp word en dat een seisoen soms langer duur as 'n ander. Kenmerke wat duidelik op die voorgrond tree, is die digter se donker wroegings, verlange en liggaamlike pyn. Sterk sintuiglike beelde sal die leser telkemaal verras en op reis neem vanaf die eerste tot die laaste vers in die digbundel. "Dan sal ek vra: verstaan jy die rower van tyd
met moe? bene en konflik - die ego wat verslind
die eufemisme van isolasie in 'n veragte bloedmark
van koud en verlatenheid, kaalte tussen n?rens"
(Uittreksel uit: Bewaker vir my siel)
met moe? bene en konflik - die ego wat verslind
die eufemisme van isolasie in 'n veragte bloedmark
van koud en verlatenheid, kaalte tussen n?rens"
(Uittreksel uit: Bewaker vir my siel)
Author: Marius Nigrini |
Publisher: Independently Published |
Publication Date: Aug 31, 2023 |
Number of Pages: 154 pages |
Binding: Paperback or Softback |
ISBN-10: NA |
ISBN-13: 9798859752874 |