Independently Published
Die prinses se held
Product Code:
9798343428087
ISBN13:
9798343428087
Condition:
New
$14.93
Die prinses se held
$14.93
Epiese fantasieverhaal. Toordery. Liefde. Die koninkryk van Fantori? se inwoners weet dat 'n verskriklike lot op hulle wag as hulle geliefde koning sou toegee aan die towenares se eis dat hy moet abdikeer of anders sterf sy ontvoerde dogter. Wat nie die koning of sy onderdane besef nie, is dat daar inderwaarheid m??r op die spel is. Die koning beveel Zorzan, kaptein van die Koninklike Wag, om 'n groep helde te lei wat die pragtige prinses moet gaan red. Dekades tevore het Zorzan se vader, wat reeds jare vermis word, die towenares as jong vrou van 'n draak gered. Vele probleme wag op die geselskap in hulle soektog. Wat sake bemoeilik is dat een van die lede van die groep, 'n ridder is wat van mening is dat hy eerder die leier van die geselskap moet wees. 'n Verdere probleem is dat die geselskap eers sy ervare towenaar verloor en dan dat die oorblywende towenaar, Bralin, aanmekaar deurmekaar raak met sy toorwoorde... Tydens hulle soektog is daar gevaarlike monsters wat graag van hulle 'n maaltyd sal wil maak. Daar is vele swaardgevegte en dan moet hulle nog eers 'n paar kabouters van 'n lelike heks red. Intussen hou 'n donker figuur hulle asook die towenares in sy kristalbal dop met 'n tevrede glimlag op sy gesig.
| Author: Austin Strydom |
| Publisher: Independently Published |
| Publication Date: Oct 16, 2024 |
| Number of Pages: 182 pages |
| Binding: Paperback or Softback |
| ISBN-10: NA |
| ISBN-13: 9798343428087 |