Skip to main content

Sale until 31st Match: Up to 30% off selected books.

Independently Published

Christelike Lewensafrigting Werkboek vir Onderwysers

No reviews yet
Product Code: 9798598186626
ISBN13: 9798598186626
Condition: New
$21.58
Waarom Christelike lewensafrigting?Ek glo dat God die antwoord op al ons vrae is - dit is die kort antwoord waarom ek nie gewone lewensafrigting doen nie, maar Christelike lewensafrigting. God ken Sy kinders, want Hy het elkeen in fyn besonderhede bymekaar gesit. God het Sy kinders uitgedink en gevorm soos Hy wou - Dawid beskryf dit so mooi in Psalm 139. Daar is niemand wat jou beter ken as God nie en daar is niemand wat jou meer lief kan h? as Hy nie. Daarom is daar ook niemand wat jou kan help soos Hy kan nie. Die doel met lewensafrigting is om jou te help om jouself beter te leer ken, te weet waarna toe jy op pad is en om jou te help om jou doelwitte te bereik. Ek wil jou help, met die Bybel as riglyn, om dit te kan doen. Daar is soveel meer wat lewensafrigting nog behels en jy gaan, soos jy die werkboek deurwerk, sien wat alles nog daarby aansluit. Die belangrikste om te weet is dat elke deel van my lewensafrigting, en hierdie werkboek, met die Woord van God moet ooreenstem. Ek ken God as my Vader en Verlosser, my Beste Vriend en Vetroueling. Niemand kan vir my wees wat God vir my is nie en dit beteken dan ook dat daar niemand is wat daardie leemte in my hart kan vul wat net God kan nie. God het elkeen van ons gemaak met 'n leemte, 'n leemte wat NET Hy kan vul. Jy kan probeer om aardse ding in daardie leemte in te druk en dit te maak pas, maar dit sal nooit pas nie. Jy gaan op die ou einde met seerkry sit, want jy forseer iets in daardie leemte wat nie gemaak is om daar te pas nie. God soek daardie plek in jou hart - dit is jou keuse of jy Hom gaan inlaat of nie.Deur die werkboek gaan jy dalk nog baie ander keuses ook moet maak, want jy gaan agter kom dat die lewe werklik oor keuses gaan. Jy moet ook besef dat jy verantwoordelik is vir jou eie lewe - jy kies en jy moet met die gevolge van jou keuses en dade saamleef. Dit is waarom dit so belangrik is om die regte keuses te maak, want dit bepaal die res van jou lewe. Lewensafrigting gaan daarom oor jou - oor jou keuses, jou doelwitte, jou pad en alles rondom jouself. Ek is net daar om saam met jou te reis en jou te help, met God se Woord as rigtingwyser, om daar uit te kom. "Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord." Psalm 119 vers 9

Author: Amor de Jager
Publisher: Independently Published
Publication Date: Jan 25, 2021
Number of Pages: 120 pages
Binding: Paperback or Softback
ISBN-10: NA
ISBN-13: 9798598186626

Customer Reviews

This product hasn't received any reviews yet. Be the first to review this product!

Faster Shipping

Delivery in 3-8 days

Easy Returns

14 days returns

Discount upto 30%

Monthly discount on books

Outstanding Customer Service

Support 24 hours a day