Skip to main content

Independently Published

Expandior: Opstand van die Bellatore

No reviews yet
Product Code: 9798863621883
ISBN13: 9798863621883
Condition: New
$30.45

Expandior: Opstand van die Bellatore

$30.45
 
Iewers in die donker uitgestrektheid van die heelal, bestaan daar 'n plek waar twaalf hemelwesens in 'n Terminus, genaamd Bonum Quod, woon. Hulle missie is om energie van die mensdom op Aarde te oes. Hulle gebruik hierdie energie tydens Expandior om die heelal van uitwissing te red en te verhoed dat die heelal deur 'n massiewe Swart Gat ingesluk word. Hierdie twaalf pragtige vroulike engelagtige wesens verskil van voorkoms, en is elkeen uniek. Elkeen van hulle het 'n ander plig om op Aarde te vervul, en hulle moet hierdie pligte voltooi voordat die volgende Expandior plaasvind. Daar is Amara Dux van Liefde, Prudence Dux van Wysheid, Amina Dux van Moed, Natura Dux van die Natuur, Empathica Dux van Empatie, Justitia Dux van Geregtigheid, Castita Dux van Matigheid, Spemina Dux van Hoop, Liberta Dux van Vryheid, Abundia Dux van Oorvloed en Voorspoed, Pax Dux van Vrede, en Saluti Dux van Gesondheid.

Hul opponente, die vier manlike Eversorisse genaamd Pandemus, Scelus, Clade en Mortem woon in die Swart Gat in die Nihil Quod. Nihil Quod strewe vir nietigheid en die dood.

Wanneer 'n hibriede ras, Die Bellatore, op Aarde gebore word, word wette verbreek, verraaiers kom na vore en lojaliteit word bevraagteken. Verbode liefde op pragtige plekke bedreig die sukses van die drie mededingende Quods, terwyl die Aarde in die middel van 'n oorlog is as gevolg van 'n slinkse president wat die vloot, weermag en die lugmag gebruik om sy eie land te vernietig.

Dit is die verhaal van Die Bellatore. Victor, die millitere held wat sy vlerke ontdek nadat sy broer sterf. Erica, die leier van die Bellatore, is die liefde van sy lewe. Indigo, 'n tienerseun met Aandag Afleibare Sindroom, kry sy vlerke as 'n straatkind, langs 'n vullisblik. Hulle is basterhelde wat hul magte gebruik om vir die mense te veg teen Nihil Quod, Bonum Quod en Die Dominus van die Onderw?reld vanuit hul basis in die Misteria Klooster op Aarde. Hulle kry onverwagte hulp van 'n Spook Weermag terwyl meteoriete, vulkane, pandemies, en vloede op Aarde woed.

Die identiteit van die ses Bellators is nie net 'n groot verrassing vir hulself nie, maar ook vir die leser.


Author: Orsiela Wiese
Publisher: Independently Published
Publication Date: Oct 06, 2023
Number of Pages: 154 pages
Binding: Paperback or Softback
ISBN-10: NA
ISBN-13: 9798863621883
 

Customer Reviews

This product hasn't received any reviews yet. Be the first to review this product!

Faster Shipping

Delivery in 3-8 days

Easy Returns

14 days returns

Discount upto 30%

Monthly discount on books

Outstanding Customer Service

Support 24 hours a day