Skip to main content

Independently Published

Die Beloop van die Lewe

No reviews yet
Product Code: 9798867883638
ISBN13: 9798867883638
Condition: New
$12.33

Die Beloop van die Lewe

$12.33
 
Die Beloop van die Lewe neem die leser op 'n kruistog van vele ontberinge en beproewings. Jacoba is vasgevang in 'n huwelik waar drank, kru taal en buite-egtelike verhoudings aan die orde van die dag is. Sy kom te staan voor een van die grootste besluite van haar lewe wanneer sy besef dat haar ongelukkige huwelik haar drie kinders baie skade aandoen.

Jacoba bly op haar knie? vir leiding van die Ho?rhand, en op 'n dag kom die antwoord. Sy moet teruggaan plaas toe, na haar ouerhuis, en haar drie kinders in vrede en liefde alleen grootmaak.

Een Sondagoggend in die kerk, vang die man met die donker, geheimsinnige o? en rooi das Jacoba se oog. Na Ben, wil sy niks weet van enige man nie, maar Albertus is moeg vir alleenwees, en geleidelik breek hy die skanse om haar hart af. Die kinders geniet die plaaslewe en hulle is duidelik mal oor Albertus, en hy oor hulle.

'n Dogter word uit die huwelik gebore en soos wat die jare aanstap, bly Jacoba op haar knie? vir raad en leiding. Veral haar jongste seun, Poul, maak haar baie onrustig. Hy werk te hard en het 'n groot liefde vir wilde perde. Dan kom die oproep wat haar moederhart uitmekaarskeur: Poul het selfmoord gepleeg!

Here, daar is soveel hoekoms en waaroms met geen antwoorde. Hoe staan 'n moeder weer op uit die moeras nadat haar lieflingskind besluit het om self 'n einde aan sy lewe te maak? Maar, die Heer se genade is groot. Hy het Jacoba opgelig uit die moeras en haar 'n nuwe doel in die lewe gegee.


Author: Mina Goosen
Publisher: Independently Published
Publication Date: Nov 16, 2023
Number of Pages: 114 pages
Binding: Paperback or Softback
ISBN-10: NA
ISBN-13: 9798867883638
 

Customer Reviews

This product hasn't received any reviews yet. Be the first to review this product!

Faster Shipping

Delivery in 3-8 days

Easy Returns

14 days returns

Discount upto 30%

Monthly discount on books

Outstanding Customer Service

Support 24 hours a day